Deelstaat Arkansas | |||||
| |||||
Bynaam(e): "The Natural State" | |||||
Amptelike taal(e) | Engels | ||||
Hoofstad | Little Rock | ||||
Grootste stad | Little Rock | ||||
Area | 29ste in die V.S. | ||||
- Totaal | 137 733 km2 | ||||
- Wydte | 385 km | ||||
- Lengte | 420 km | ||||
- Water | 2 876 km2 | ||||
- % water | 2,09 % | ||||
- Breedtegraad | 33° 00′ N tot 36° 30′ N | ||||
- Lengtegraad | 89° 39′ W tot 94° 37′ W | ||||
Bevolking | 33ste in die V.S. | ||||
- Totaal | 2 915 918 | ||||
- Digtheid | 20,71/km2 34ste in die V.S. | ||||
Hoogte | |||||
- Hoogste punt | Magazine Mountain 840 m | ||||
- Gemiddeld | 198 m | ||||
- Laagste punt | Ouachitarivier 17 m | ||||
Toetrede tot die Unie | 15 Junie 1836 (25ste) | ||||
Goewerneur | Asa Hutchinson (R) | ||||
Luitenant-Goewerneur | Tim Griffin (R) | ||||
Wetgewer | Arkansas Algemene Vergadering | ||||
- Hoërhuis | Senaat | ||||
- Laerhuis | Huis van Verteenwoordigers | ||||
V.S. Senatore | John Boozman (R) Tom Cotton (R) | ||||
Tydsone | UTC-6 / Somertyd UTC-5 | ||||
Afkortings | AR US-AR | ||||
Webblad | www.arkansas.gov |
Arkansas (Engels: State of Arkansas) is 'n deelstaat in die suidooste van die Verenigde State van Amerika met omtrent 2,9 miljoen inwoners. Sy hoofstad en grootste stad is Little Rock. Arkansas is die 25ste deelstaat wat tot die Unie toegelaat is. Dit word in die noorde deur Missouri, in die ooste deur Tennessee en Mississippi, in die suide deur Louisiana, en in die weste deur Oklahoma en Texas begrens. Arkansas se bynaam is Die Natuurlike Staat (Engels: "The Natural State").
Die eerste Europese nedersetting in die huidige deelstaatgebied was die Franse handelspos Poste de Arkansea wat deur Henri de Tonti in 1686 teen die oewer van die Arkansas River se benedeloop gestig is. Hier het Franse en Spanjaarde handel gedryf met die plaaslike Quapaw-Indiane. As Arkansas Post was die nedersetting ook van strategiese belang vir die Amerikaners wat dit tot militêre buitepos uitgebou het. Gedurende die Amerikaanse Rewolusionêre Oorlog kon Amerikaanse magte hier in 1783 'n Britse aanval afweer. Gedurende die Amerikaanse Burgeroorlog het Uniemagte hier in 1863 'n militêre oorwinning oor Gekonfedereerde troepe behaal, maar sonder om hul militêre doelwit, die inname van Vicksburg, te bewerkstellig. Arkansas Post het as eerste territoriale hoofstad gedien.